Die Klaer, ‘n verhoorafwagtende in twee aangeleenthede: van die moord op Dr David Webser in die Transvaalse Provinsiale Afdeling en van verskeie klagtes ten aansien van bedrog voortspruitende uit verskeie diamante- en ander transaksie, asook ‘n roofsaak te Klerksdorp waar die bewering een van roof van R10 miljoen se diamante is. Die Klaer was onsteld oor die feit dat van die staatsgetuies aan ‘n program “Death of a Gangster” op 18 Januarie 1998 deelgeneem het. Van die getuies wat in die Klerksdorp saak getuig het, het hulle getuienis en ander inkriminerende aspekte tydens die program behandel terwyl dit wel bekend is dat die saak steeds nie afgehandel was nie. Gedurende ‘n onderhoud wat deel vorm van die program waaroor gekla is, is daar ook nie geleentheid aan Klaer gegee om die aantygings teen hom te weele nie. Klaer voel oor die algemeen ook benadeel, aangesien hy vrees dat die verskillende regbanke wat sy sake moet verhoor, beinvloed kon word deur hierdie program.
Die Uitsaaiklagtekommissie het beslis dat hy nie oor die vraag of die sub judice reel verbreek is uitspraak kan gee nie aangesien die sub judice reel nie ingesluit is by sy Kode nie. Die Kommissie het egte eenparig bevind dat die program onbillik teenoor klaer was omdat dit nie aan Klaer die geleentheid gegee he tom te antwoord op aantygings wat teen hom gemaak is in die program nie. Die Kommissie het die SAUK gelas om hierdie bevinding oor sy TV Nuusdienste oor te dra.