Klagtes oor vertoning van DRACULA-reeks om 16:30 op TV1 gehandhaaf. Na die oorweging van deskundige getuienis is besluit dat die skrikwekkende tonele waar die tande van die Dracula-fuguur gesien kan woerd, aanleiding sal gee tot ontsteltenis by ‘n wesenlike aantal kinder swat op daardie tyd van die middag na televisie kyk. Die klagtes is dus gehandhaaf en die bevinding was dat hierdie program nie vertoon behoort te word op hierdie stadium of enige stadium wanneer ‘n wesenlike aantal kinders onder 9 jaar waarskynlike kykers is nie.