`n Klagte is ontvang ten aansien van die programme “Tempo” en “Botha Blues” wat saans oor RSG radiouitgesaai word. Die vraag was of daar eerstens voorkom kan word dat inbellers kru taal gebruik. Hierop was die antwoord van die Tribunaal dat kru taal deur die omroeper afgeraai moet word en dat die omroeper natuurlik self hom nie daaraan moet skuldig maak nie. 

Die tweede vraag was of liedjies wat kru taal bevat na 22:00 uitgesaai mag word. Die Tribunaal beslis dat wanneer daar `n groot aantal kinders onder die ouderdom van 16 jaar in die gehoor is, daar nie aanstootlike taal uitgesaai mag word nie. Die aard en konteks van die woord en die tyd wat dit uitgesaai word, sal telkens bepaal of dit toelaatbaar was. 

In die besondere geval waaroor gekla is, was die taal wel kru maar op daardie stadium van die aand, na 23:00, was daar nie meer, gemeet aan waarskynlikhede, `n groot aantal kinders onder 16 in die gehoor nie. 

Die Uitsaaikode definieer “kind” as `n persoon onder 16 jaar.  Die klagtes is gevolglik van die hand gewys.

[2003] JOL 22998 (BCTSA)

CLICK TO VIEW FULL JUDGMENT  Case-No-32-2003